1.8 ha Kleinhoewe met gesamentlike weiding van 1115ha vir beeste of skape. Hierdie hoewe bied soveel moontlikhede vir opkomende boere wat op klein- of grootskaal wil boer met al die weiding tot jou beskikking. Die hoewe is geleë reg langs die Mooirivier wat ook die rustigheid bied vir ontspanning langs die rivier.
Ligging:
- 35 km vanaf Potchefstroom
- 30 km vanaf Carletonville
- 1 km grondpad
- rustige omgewing met geen deurpad nie
Water:
- baie sterk boorgat wat toegerus is vir mens- en diergebruik
Lande en weiding:
- klein weidingskamp onder teen die Mooirivier
- 1115ha weiding vir bees of skaap
Toerusting en geboue:
- skaaphanteringsgeriewe
- laaibank vir beeste
- voerkrale vir skape en beeste
- klein stoor by skaapgeriewe
- pakkamers
- groot stoor struktuur (kort net 'n dak en
sykante)
Hoofwoning:
- 4 slaapkamers
- 2 badkamers
- 2 leefareas
- pragtige kombuis met spens
- opwas met 'n waskamer
- die hoewe is heeltemal van die grid af (invertor, batterye met panele)
- groot swembad met 'n lapa vir heerlike kuiers
Woning 2:
- 2 slaapkamers
- 2 badkamers
- leefarea met kombuis
- buitestoep wat oor die tuin kyk
Hierdie is 'n koop om nie deur jou vingers te laat glip nie.
Kontak my gerus vir meer inligting.
Hereregte transaksie.
Read more...