Uitstekend ontwikkelde uitvoer vrugteplaas van 208,2915 ha in die Ladismith distrik.
Vrugte bestaan uit Appelkose 5.815 ha, Pruime 11.361 ha, Nektariens 2.250 ha en Vye 5.534 ha.
Volledige lys van cultivars en plant datums op aanvraag beskikbaar.
35 Ha is onder besproeiing en word gevoed uit die Kobus rivier met n beurtsloot onder die Hoeko besproeiingsraad.
5 Opgaar damme stoor gesamentlik ongeveer 180 000 kubm water.
Hier word hoofsaaklik gekonsentreer op uitvoer met n moderne ten volle toegeruste pakstoor van 1470 vkm met koelkamer.
Alle toerusting wat nodig is vir n suksesvolle onderneming word ingesluit wat oa n volledige kantoor met rekenaar toerusting insluit, Zondach vrugtegradeerder, Rovic mulcher, Hoëdruk spuit, kunsmisstrooier en twee Landini trekkers.
Bakkies,
vragmotors en motorfietse. n Volledige lys is beskikbaar.
Geboue sluit in 2 wonings plus woonstel en bestuurders woning asook kantoor en motorhuis.
8 Arbeiders huise, n implemente stoor van 22 X 10, stoor 26 X 5, en die pakstoor kompleks met koelkamer, kleedkamers en afdakke.
Hierdie is werklik n volledige boerdery waar die nuwe eienaar net kan instap en aangaan met die operasie, alles vir n moderne onderneming is reeds gevestig en kan net verder uitgebrei word.
Pryse sluit nie BTW in nie maar die plaas word as lopende saak aangebied. Voorwaar n moet sien vir iemand wat wil uitbrei of n begin wil maak in die vrugte bedryf. Wat n netjiese plaas!!!! n Moet sien eiendom.
Read more...