Plaas van 239 ha in Albertinia te koop met ongeveer 200 ha bewerkbare lande.
Ideaal vir vee- en saaiboerdery met goeie landbou potensiaal.
Hierdie eenheid is perfek vir die beginner of vir uitbreiding van n bestaande boerderyeenheid.
Al die nodige infrastruktuur bestaan vir volledige boerderyeenheid.
Geboue : Stoor, ou melkstal, varkhokke en een werkershuis.
Woonhuis met 4 slaapkamers 2 badkamers en braaivertrek.
Prys sluit BTW uit.